OneNote-opvoedingsvennote
OneNote-klasnotaboek het LMS-integrasie met Learning Tools Interoperability (LTI).

Blackbaud
By Blackbaud begryp ons die uitdagings wat privaatskole deesdae in die gesig staar en is ons in die unieke posisie om aan 'n skool 'n toekoms te voorsien waar 'n student op enige stadium tuiswerktake kan nagaan, onderwysers punte kan opteken, ouers hulle rekeninge kan betaal, skoolpersoneel 'n verskeidenheid van administratiewe funksies maklik kan verrig, en soveel meer – alles binne een moderne, wolkgebaseerde stelsel wat volledig gekoppel is.
Blackboard
Blackboard se missie is om ’n vennootskap te vorm met die globale opvoedingsgemeenskap om leerder- en institusionele sukses te aktiveer deur gebruik te maak van innoverende tegnologieë en -dienste. Met ’n ongeëwenaarde begrip van die leerders se wêreld, die mees omvattende oplossings vir studente-sukses en die grootste kapasiteit vir innovasie, is Blackboard opvoeding se vennoot in verandering.
Brightspace
As 'n globale leier in opvoedingstegnologie is D2L die skepper van Brightspace, die wêreld se eerste werklike geïntegreerde leerplatform. D2L se oop en uitgebreide platform word gebruik deur meer as 1 100 kliënte en byna 15 miljoen individuele leerders in hoër opvoeding, K-12, gesondheidsorg, regering en die ondernemingsektor. Hulle oplossing integreer maklik met Office 365, Outlook, OneDrive, Mix en OneNote.
Canvas
Met 99,9% bedryfstyd is Canvas die mees gebruikte, pasmaakbare, aanpasbare en betroubare onderrigplatform. Dit is vinniger aangeneem en deur meer gebruikers op meer maniere gebruik as enige ander LMS. Sien hoe Canvas onderrig en leer vir almal makliker maak.
itslearning
Hier, in die hart van opvoeding, sal jy ’n k12 LMS vind wat so intuïtief van die begin af is, dat dit ’n vreugde is om te gebruik. So intelligent, dit onderdruk fisiese klaskamer-grense, terwyl daar vir elke student standaard-belynde leerhulpbronne is. En so inspirerend, dit sit die pret terug in onderrig en leer.
LoveMySkool
LoveMySkool bemagtig opvoeders regoor die wêreld om studente te betrek. Sy hoogs-gevorderde kenmerke maak dit een van die beste Leerbestuurstelsels.
Moodle
Moodle is die wêreld se oopbronlleerplatform wat wêreldwyd in meer as 100 tale deur skole, universiteite, werksplekker en ander sektore gebruik word. Met hoogs-pasmaakbare kenmerknutsmiddels vir onderwysers, administrateurs en studente, insluitend sterk metgesel-toepassings vir mobiele gebruik, kan dit vir enige scenario gebruik word van hoogs-gestruktureerde opleiding tot meer oop, samewerkende ruimtes in volledige aanlyn of gemengde scenarios.
NEO By Cypher Learning
NEO is ’n leerbestuurstelsel (LMS) wat dit maklik maak om alle leeraktiwiteite te skep en te bestuur, of dit nou is om aanlyn klasse op te bou, studente te assesseer, samewerking te verbeter of prestasie na te spoor.
Sakai
Sakai bied ’n rykdom van kragtige, buigsame nutsmiddels wat wonderlike onderrig, boeiende leer en dinamiese samewerking in staat stel.
School Bytes
Met die School Bytes LMS kan onderwysers take vir hulle klasse skep en bepunt deur die OneNote-Klasnotaboek-aanvulprogram te gebruik, met hierdie veranderings wat outomaties terug na School Bytes gepubliseer word en sodoende die behoefte van handmatige data-invoer verwyder. Saam met ons maklike Microsoft Office Online-integrasie sal onderwysers en studente toegang tot 'n verenigde en kenmerkryke Office 365-ervaring hê.
Schoology
Schoology is die opvoedingstegnologiemaatskappy wat samewerking die middelpunt van die onderrigervaring maak. Schoology se opvoedingswolk koppel die mense, inhoud en stelsels wat opvoeding aandryf, en dit verskaf al die nutsmiddels wat benodig word om opvoeding te verpersoonlik en studente-uitkomste te verbeter. Meer as 12 miljoen mense van 60 000 K-12-skole en -universiteite regoor die wêreld gebruik Schoology om te verander hoe hulle onderrig gee en leer.