OneNote-personeelnotaboeke
Kultiveer en bestuur onderwysersamewerking
OneNote-personeelnotaboeke het 'n persoonlike werkspasie vir elke personeellid of onderwyser, 'n inhoudprogrammateek vir gedeelde inligting en 'n samewerkingspasie vir almal om saam te werk; alles binne een kragtige notaboek.
Teken met jou Office 365-rekening van jou skool aan om aan die gang te kom.

Registreer vir 'n gratis Office 365-rekening >
Werk saam op een plek
Die samewerkingspasie is ontwerp vir groepsaktiwiteite soos gedeelde departement- of personeelinisiatiewe.
Werk saam aan notas, take en planne in een notaboek en verkry toegang tot dit alles met OneNote se kragtige soektog.
Deel inligting met almal
Gebruik die inhoudprogrammateek om beleide, prosedures, sperdatums en die skoolkalender te publiseer.
Toestemmings in die inhouprogrammateek laat die personeelleier toe om inligting te redigeer en te wysig, maar ander kan slegs die inhoud bekyk en kopieer.
Ontwikkel jouself en jou werk
Elke personeellid het 'n privaatplek om te werk wat net met die personeelleier gedeel word. Hierdie notaboek kan vir professionele ontwikkeling, klaskamerwaarnemings en ouerkommunikasie gebruik word.
Personeellede kan hierdie notaboeke vir hulle eie behoeftes pasmaak. Dit laat hulle inligting waarna gereeld verwys word in 'n formaat stoor wat vir hulle sin maak.
Kom nou aan die gang
Meld met jou Office 365-rekening van jou skool aan om aan die gang te kom of bestaande personeelnotaboeke te bestuur